Die Online Bybel DVD-ROM Afrikaans is dié
Bybelprogrammatuur-program vir diegene wat
werklik geïnteresseerd is in die Bybel,
teoloë of nie. Die Online Bybel
DVD-ROM bevat 'n goudmyn van Bybels (meer as
60), kommentare, Griekse en Hebreeuse
woordstudies, Bybelwoordeboeke, Bybelatlasse en
ander naslaanwerke. Die werke van die
geskiedenis se beste Christendenkers is op
hierdie DVD-ROM om u te help om die Bybel te
verstaan en om u geloof te bou.
Die versameling gedrukte Bybels en boeke op die Online Bible DeLuxe DVD-ROM het 'n waarde van oor die Rand 75000,-. Sommige van die boeke is moeilik verkrygbaar en ander naslaanwerke word nooit in gedrukte vorm gepubliseer nie. Die kragtige soekfasiliteite speur die presiese ligging van 'n woord of uitdrukking in 'n Bybel of 'n boek na. Meer as 660 000 kruisverwysings, gebasseer op die Treasury of Scripture Knowledge, help u om Skrif met Skrif te vergelyk. Gebruikersvriendelik Die Online Bybel DVD-ROM maak gebruik van die nuutste programmatuur-tegnologie om u sodoende direkte toegang te gee tot die inligting waarna u soek. Bybels, kommentare, woordeboeke, leksikons en aktuele artikels is net 'n muis-kliek ver. Vanuit elke venster kan u die belangrikste funksies bereik met behulp van u muis. Beweeg slegs u wyser ("cursor") na die betrokke kommentaar en dit sal op die skerm vertoon word. Meer inligting oor persone, stede en Bybelse terminologie is direk beskikbaar uit die Bybelwoordeboeke. Dubbelkliek net met u muis op die woord wat op die skerm vertoon word, en die informasie sal in 'n nuwe venster vertoon word. Kragtig vir studie Die kragtige soekfasiliteite (konkordansie) spoor die presiese ligging van 'n woord of uitdrukking in die Bybel op. U kan verskillende Bybelweergawes (vertalings) op u skerm vergelyk. Rol ("scroll") gesamentlik deur 'n Bybel en 'n kommentaar van u keuse. Vertoon of druk Bybelkaarte. Bestudeer boeke oor verskeie onderwerpe of lees preke. Grondige studie Die Online Bible DVD-ROM bevat inligting oor die Griekse en Hebreeuse uitgawes van die Bybel. Die Geoutoriseerde Weergawe, Luther 1912, Louis Segond 1910 en Statenvertaling is gekoppel met Strongs nommers. Hierdie nommers verleen direkte toegang tot leksikons wat die betekenis van die Griekse en Hebreeuse woorde verskaf. Natuurlyk is ook die Bybel in Afrikaans (1953) op de DVD ROM aanwezig. Bij bestelling op dit tuisblad wordt ook een ontsluitcode voor de Bybel Afrikaans (1983) meegeleverd. Daarnaast ook 15 Engelse Bybels, w.o. New King James Version en The Message. Verskeie Bybelwoordeboeke gee grondige informasie oor die betekenis en agtergrond van Bybelse woorde. Bybelweergawes kan interlineêr met die Griekse of Hebreeuse teks vertoon word. Beide die Latynse Vulgaat en die Septuagint is beskikbaar. Die Online Bybel DVD-ROM word voorsien met Griekse en Hebreeuse lettertipes.
Stelselvereistes De Online Bybel DVD ROM Afrikaans wordt geleverd voor € 29,95 (= Rand 235) en € 2,95 verzendkosten. |
||
|
|
||